Georg Meiring Georg Meiring

  • TUISBLAD
  • KONTAK
  • Fotos
  • TUISBLAD
  • KONTAK
  • Fotos


georg meiring

generaal

oupa

agent vir verandering

eggenoot

tweede loopbaan ontwikkelaar

storieverteller

gelowige

mentor

spreker


Generaal Georg Meiring

Hoekom in die openbaar optree?

  • Ek wil graag deur die ondervinding wat ek in,  en ook na my loopbaan in die weermag opgedoen het, inspirasie en hoop oordra
  • Deur die oorvertel van my eie storie wil ek mense wat aan die einde van 'n loopbaan gekom het, menseherinner dat hulle nog bruikbaar en nuttig kan wees
  • Deur "juweeltjies" uit my eie storie te vertel, kan ander mense 'n A-Ha oomblik ervaar en sê: As hy dit kan doen, kan ek ook!
  • Ek sou graag mense wat met 'n tweede loopbaan wil begin, wou mentor.
Anchen en Georg Meiring

Generaal Georg Meiring, eertydse hoof van die weermag wat die oorgang van die Ou na die Nuwe Suid-Afrika bestuur het, maak steeds 'n verskil in baie mense se lewens. Kontak hom om as gasspreker op te tree.

Georg Meiring is in 1939 in Ladybrand gebore. Na hy sy MSc in Fisika aan die Universiteit van die Vrystaat ontvang het, het hy by die  Suid-Afrikaanse weermag in 1963 as 'n seiner aangesluit. In 1974 is hy aangestel as Direkteur van die Seinerkorps. 

Hy doen diens as Tweede in bevel van die Leer van 1982 to 1983 en as Bevelvoerende Generaal van die Suidwes-Afrika gebiedsmag van1983 tot 1987. Hy was later BG van die Verre Noord Kommandement. Van 1990 tot 1993 was hy Hoof van die Leer. Vanaf 1993 tot 1994 was hy die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse weermag en vanaf 1994-1998 was hy die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale weermag.

Met sy aftrede in 1998 het hy die Orde van die Ster van Suid-Afrika (Goud) ontvang.

Na sy aftrede het hy homself gevestig as 'n gemeenskapsleier en dadelik met 'n tweede loopbaan in bemarking van natuurlike gesondheidsprodukte begin. 

Tans tree hy ook op as geleentheid- en motiveringspreker, omdat hy steeds glo dat elkeen 'n opdrag het om van die wêreld 'n beter plek te maak.

Georg is getroud met Ännchen en hulle het vyf kinders en tien kleinkinders.

Browse Our Menu